Top 20 vir die week: 6 August 2018

In vandeesweek se Top 20 lys het van die sangers so bietjie wipplank gery. Die eerste 3 plekke bly dieselfde. Daar was 8 snitte wat die week gestyg het en 6 wat afwaarts gesak het en 5 wat onveranderd gebly het en 1 nuwe toetrede. Maar wie weet hoe die Top 20 volgende week gaan lyk.

Die man met die sterk stem, Jo Black, bly vandeesweek nogsteeds in die nommer 1 posisie met sy treffer “Een klein klippie” en ongelukkig is Karen Zoid van ons Top 20 lysie af met haar treffer “Hoe ek voel”.

Tarryn Lamb wat onlangs haar nuwe album vrygestel het was ook onder die Top 10 Afrikaanse albums wat die afgelope week in kettingswinkels opslae gemaak het. Haar treffers “Mal oor jou” en haar ander treffer wat op ons lys bygevoeg is “Vier woorde” is hier.

Mag al die dames ‘n wonderlike Vrouedag geniet op die 9de Augustus, met dit ingedagte het ek vir julle net dame sangers se musiekvideo’s spesiaal ingesit op die gratis musiekvideo genot verder onder in die berig.

Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-

1. Jo Black – “Een klein klippie”
2. Dirk van der Westhuizen – “Sexy vir my”
3. Jan Blohm – “Word wakker”
4. Fatman – “Dorp toe”
5. Karen Zoid & Jannie du Toit – “Liedjie vir jou”
6. Appel – “Jagter”
7. Jay – “Lê ‘n bietjie langer”
8. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
9. Brendan Peyper – “Klim jou Everest”
10. Willem Botha – “Enigste man op aarde”
11. Snotkop – “Souserig”
12. Wynand Strydom – “Gebed”
13. Juanita du Plessis – “Dankie vir jou liefde”
14. Appel – “Boer loop deur my are”
15. Elandré – “Honderd duisend maal”
16. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
17. Joe Foster – “Volgende stap”
18. Elandré – “Die lyn”
19. Tarryn Lamb – “Vier woorde”
20. Almero – “Monochromie”

En daar het julle die Top 20 van ons kant af. En soos gewoonte gee ek vir jou die gewilde musiek videos/klankgreep sommer net hier vir jou om na te kyk en na te luister. Indien jy ‘n Sanger ingedagte het wat jy dink moet op die Top 20 kom, kontak ons gerus (loer op die webtuiste vir die kontak besonderhede).
Ons by SAUK Radio wil graag vir Maroela Media bedank vir hulle bydrae tot die inligting in ons berig.

Hier is jou nommer 1 – Jo Black – “Een klein klippie”

Hier is jou nommer 2 – Dirk van der Westhuizen – “Sexy vir my”

Hier is jou nommer 3 – Jan Blohm – “Word wakker”

Hier is jou bonus musiekvideo’s of klankgreepe, hoop julle geniet dit:-

Sharoney – Crush

Helene Bester – Elke dag

Riana Nel – Tweede Kans

Hoop julle het die musiek geniet wat ek saamgestel het vir julle vir die week. Onthou ons ontmoeting vir volgende week … dieselfde tyd en op dieselfde plek.

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment