‘N kort Bio oor Mimi Coertse:- die dame met die gou Operastem

Maria Sophia Coertse is op 12 Junie 1932 in Durban, Natal gebore. Sy matrikuleer aan die Hoër Meisieskool Helpmekaar in Johannesburg. In 1949 begin sy haar stemopleiding in Suid-Afrika. In Julie 1953 trou sy met die uitsaaier en komponis, Dawid Engela.

Sy verruil Suid-Afrika in September 1953 vir Londen, reis later na Den Haag en uiteindelik na Wene. Sy begin haar opleiding met Maria Hittorff en Josef Witt in Januarie 1954.

Coertse maak haar debuut in Januarie 1955 as die Eerste Blommemeisie in Richard Wagner se Parsifal by die Teatro San Carlo-teater in Napoli, Karl Böhm het begelei. Sy sing ook in Basle by die Teatro San Carlo. Op 17 Maart 1956 maak sy haar debuut by die Weense Staatsopera as die Koningin van die Nag in Die Towerfluit deur Mozart en bly aan by die Weense Staatsopera tot 1978. Haar Covent Garden-debuut was in 1956, in dieselfde rol. Sy het dié rol uiteindelik meer as 500 keer in vier tale (Duits, Engels, Frans en Italiaans) uitgevoer.

In die 1960’s tree sy dikwels ook in ander Europese operasentra op. In 1966 ken die Oostenrykse regering die titel Kämmersangerin aan haar toe.

In 1973 keer sy terug na Suid-Afrika, waar sy gereeld vir die destydse streeksrade optree, terwyl sy tot in 1978 ook nog kontrakverpligtinge in Wene nakom. Sy ‘n gereelde gas op Suid-Afrikaanse verhoë en ook ‘n gereelde uitsaaier op radio en televisie.

In 1996 word sy deur Oostenryk se Bondsministerie vir Wetenskap en Kuns met die goue Österreichisches Ehrenkreuz (Oostenrykse Erekruis, eerste klas) vereer, die hoogste eerbewys wat ’n kunstenaar in dié land kan ontvang. In dieselfde jaar werk het sy die EP The Diva Divine saam met Nataniël uitgereik.[4] In 1998 word ’n eredoktorsgraad van die Universiteit van Pretoria en in 2013 van Unisa aan haar toegeken.

Sy het haarself ook toegespits om jong Suid-Afrikaanse sangers uit te wys en op te lei. In 1998 stig Mimi Coertse en Neels Hansen die Black Tie Ensemble, ‘n ontwikkelingsprojek wat jong, klassiek-opgeleide sangers die geleentheid bied om die gaping tussen hulle opleiding en ‘n professionele optrede te oorbrug.

Loer hier onder na een van haar Operastukke:- Mimi Coertse – O, Boereplaas (Queen Of The Night Part 4)

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment