‘N brokkie inligting oor Chris Coetzer een van die Drie Tenore

Chris Coetzer is sinoniem met Suid-Afrika se Drie Tenore. Coetzer sing reeds van kindsbeen af as solis.

Hy is bekend vir sy geestelike sang sowel as “Golden Oldies” wat mense se hartsnare roer. Hy het ook al op televisieprogramme soos Noot vir Noot, Pasella en Binnelanders verskyn.

Coetzer het reeds vele albums die lig laat sien. In Junie is sy CD, Tydloos 2, in die Staatsteater in Pretoria bekend gestel en met ope arms ontvang.

Coetzer se Kerssang-DVD-en-CD-kombinasie beeld ons Verlosser Jesus Christus se geboorte as ’n waardering van die Skepping uit, en van liefde en lewe wat gratis aan ons gegee is.

Sy klassieke aanslag bied gehore die geleentheid om die siel te voed met musiek en lirieke wat weer sin aan ons lewe gee.

Hy bied graag praktiese sang- en verhoogpersoonlikheidsopleiding aan jong opkomende kunstenaars aan.

Sy studente tree jaarliks in Swede en Namibië op.

Loer hier onder na een van sy musiekvideos’:- Chris Coetzer – Josephs Song

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment