Liesl du Toit met die engelstem dra baie by tot Afrikaanse musiek, hier is ‘n paar ‘tit-bits’ van haar

Liesl du Toit (nèè Kriel) is ‘n Afrikaanse sangeres. Sy het aanvanklik as lid van die populêre groep Shine4 opgetree. Haar debuut solo-album, Stukkie van jou Hart is in 2010 vrygestel.

Sy het die meeste van die snitte op haar debuutalbum self geskryf (10 snitte self geskryf, 2 is deur ander skrywers). Du Toit het in 2013 in die Afrikaanse musiekblyspel “Pretville” die rol van die verpleegster, Santjie gespeel.

Musiek loop diep in die are van LIESL DU TOIT, en haar reeds bekende gesig is die afgelope paar jaar oral op televisie en in teaters landwyd gesien. Na haar 7 jaar sukses-lopie as deel van die uiters populêre groep SHINE4, het die vier lede besluit om elk sy eie nuwe rigting in te slaan. Liesl se liefde vir Afrikaans en musiek het haar geïnspireer om die groot stap te neem en haar debuut-album bekend te stel.

Stukkie van jou Hart is ʼn album waarvan die kwaliteit, oorspronklikheid en afronding waarmee die produksie behartig ‘n duidelike indikasie gee dat hierdie maar net die begin is van ʼn musiekloopbaan wat die toets van tyd sal deurstaan.

Liesl het al die materiaal op die album self geskryf (met uitsondering van die John Denver treffer Leaving on a Jet Plane en Marco Borsato se Dans). Omdat sy haarself nie regtig voorheen as ʼn liedjieskrywer gesien het nie, was sy self verras nadat sy, met ʼn bietjie inspirasie deur die vervaardiger Matthys Maree, 10 unieke liedjies geskryf het wat elkeen ʼn eerlike weerspieëling is van wie en wat sy nou is. Dit vestig haar definitief as sanger en skrywer, ʼn wonderlike bonus vir die industrie.

Die album is opgeneem by Odyssey Records in Pretoria en die finale meng en meester is deur Matthias Heimlicher by Keytastic!Studios in Switserland gedoen. Die album word versprei deur Coleske Artists/ IRIS

Loer hier onder na een van haar treffer musiekvideo’s:- Liesl du Toit – Ek mis jou

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment