Kom ons loer sobietjie na Izak Davel, hier is ‘n paar ‘tit-bits’ oor hom

Izak Davel (gebore op 1 Julie 1983) is ‘n Suid-Afrikaanse akteur, sanger, danser en model. Hy het bekendheid verwerf in Egoli waar hy die rol van “Scab” vertolk het. Sy debuutalbum, Ken Jy My, is in 2009 uitgereik.

Davel voltooi matriek in 2001 aan die Lady Grey Kunste-Akademie waarna hy dans by die Tshwane-Universiteit van Tegnologie studeer en sy studies in 2004 voltooi. In 2006 begin hy in M-Net se sepie Egoli speel waar hy die rol van Louwna se seun Scab vertolk.

In 2010 was hy in die TV-reeks Survivor South Africa: Santa Carolina. Hy is getroud met Mericke. Sy pa is die predikant van die NG gemeente Molteno (in kombinasie met die NG gemeente Sterkstroom) en sy ma is ‘n musiekonderwyseres aan die hoërskool op Burgersdorp.

Loer hier onder na een van sy gewilde musiekvideo treffers:- IZAK DAVEL – Verlei My (AMPTELIKE MUSIEK VIDEO)

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment