Kom ons loer ‘n bietjie na Ray Dylan se indrukwekkende Bio

Ray Dylan (Jacobus Frederik Jersich, gebore 15 Augustus 1978 in Odendaalsrus) is ‘n bekende Afrikaanse sanger. Van sy treffers sluit in Hokaai Stoppie Lorrie, Jessica, Breek die Ys en Asemloos.

In 2010 ontvang hy ‘n SAMA-toekenning in die kategorie beste country-album (Afrikaans) vir Goeie Ou Country.

JAKES, soos sy beste vriende hom noem, of Jaco vir sy familie en geliefdes, is in standerd agt uit die skool geskors omdat sy musiekloopbaan vir hom belangriker as skoolwerk was.

Sedert 2002 ken Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers hom as die vaardige sanger RAY DYLAN.

Sedert sy albumdebuut met die CD New Kid In Town het dinge vir hom gebeur: onder meer die duettreffer It’s Your Love – saam met Karen Zoid.

Die afgelope jare het Select-Musiek sy talent en veelsydigheid op talle saamgestelde albums benut. Die musikale wiele het begin rol en nou’s dit tyd om te sê: Hokaai, Stoppie Lorrie!

Dit was die eerste treffer titel van RAY DYLAN, daarna het hy Binneklop ‘n Boerehart en die heel nuutste album Breek die Ys uitgebring. Hy is tans besig met sy Country album wat in April 2009 vrygestel gaan word.

Dié sanger is ‘n volronde kunstenaar: geseën met een van die beste stemme in Suid-Afrikaanse musiek, stylveelsydig en boonop ‘n energieke performer wat die elektriese kitaar tydens sy optredes laat kreun.

Op dié albums is daar verskeidenheid musiekstyle met ‘n aangename balans tussen stedelike ritmes en landelike verposings.

Met polsende ritmeplukkers en sielstrelende ballades bied Ray Dylan se albums wydtreffende musiek.

Die oorspronklike werk is nuutskeppinge in samewerking met Ray, Don Kely & Marc Brendon en Fredi Nest.
Die gewildse treffers is Hokaai Stoppie Lorrie, Dis Verby, Boerehard, Jessica en Breek die Ys.

Hy stel sy veelsydigheid verder ten toon in die rock-keurspel met Hysteria, Never Say Never, Rock-‘n-roll Dreams Come True en It’s My Life.Ray skitter as balladevertolker: veral I Wish, Breathe Easy, Drive en Love Hurts bekoor.

Loer hier onder na ‘n lekker opskop musiekvideo van hom:- Ray Dylan – Warm Girls En Koue Bier

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment