Jacques de Koning is ‘n wonderlike sanger, maar hy maak amok met sy liedjies, hier is ‘n kort Bio van hom

Jacques de Koning (Hendrik Theo Jacques de Coning) is ‘n Afrikaanse sanger wat veral bekend is vir sy vrolike vertolking van bekende FAK-liedjies.

Met albumverkope van ver oor die 100 000 is die goueplaatkunstenaar alombemind.

Sy skitter-debuutalbum, Kaniklani, herverpak as Girl Van Die Klein- Karoo met treffers soos Girl Van Die Klein-Karoo, Kom Dans Met My, Boerereggae en Jannie Mag Nie Koor Sing Nie, is een van die belangrikste Afrikaanse albums wat in 2001&2003 in SA uitgereik is.

Met slegs oorspronklike komposisies uit sy pen het Jacques ‘n spektrum genres van rock en pop tot boeremusiek en reggae ontgin en ‘n reuse-bydrae tot die skatkis van nuwerwetse Afrikaanse musiek gelewer.

Met sy album, Afrikaans my trots, het Jacques die jeug aangepor om spontaan op die maat van FAK-liedjies te jol en trots op taal te wees!

Die album het binne weke goue status bereik; die vinnigste n?g wat ‘n kunstenaar van Select-Musiek in daai jaar di? eer kon verwerf. Die album bereik 3de posisie op die SA Top 20 met net Internationale name soos Ronan Keating en Shakira bo hom.

Hy het hom stewig gevestig as een van Suid-Afrika se knapste en veelsydigste liedjieskrywers. Sy vertonings met net ghitaar en stem is vol oemf, geesdrif en ritmiese vokaliteit .

Met Jacques de Coning se nuutste album Veels Geluk gee Jacques sy bewonderaars ‘n feesgerigte album met onder meer drie keurspele waarin hy hy gewilde Engelse treffers in ‘n aanvullende Afrikaanse eiesoortigheid uit sy pen verweef. In die snitte Die grootvo?lkeurspel, die Itsy bitsy-keurspel en die Millions drums-keurspel verras hy telkens met oorspronklike musikale br?e tussen die beproefde gunstelinggoed.

Jacques slaag daarin om gewilde makietiemusiek, verfrissende verwerkings, en wydtreffende lirieke uiteenlopende musikale genres in trefferalbums te verweef.

Loer hier onder na een van sy omstrede musiekvideo’s:- Jacques de Coning – Julius “Dilemma” Malema

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment